Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 4 VAN 12

Water



Jy kan 'n groot tuin vol saad plant, en hoop en bid dat hulle ontkiem, maar saad wat nie water kry nie sal nie ontkiem nie. 



Dit maak nie saak hoe versigtig jy hulle plant nie, hoe ryk die grond, of hoe lank jy wag nie, sonder gereelde daaglikse natmaak, sal daar geen begin of groei wees nie. Al jou aanvanklike hoop vir 'n groot oes kan nooit gebeur nie. Die saad sal net saad bly. 



Vir saad om in die sanderige grond en hitte van my Vrystaatse tuin te ontkiem, moet ek dit dikwels 'n paar keer per dag natmaak. Natmaak behels tyd en doelgerigtheid. Selfs volgroeide plante het gereelde, diep natmaak nodig, of hulle sal verskrompel en doodgaan. 



Met ons gees is dit dieselfde. Geestelik kan ons nie en sal ons nie floreer sonder gereelde, diep natmaak uit die Woord van God nie. Ons kan nie oorleef op die druppels van die daaglikse vers of selfs 'n paar verse nie. Sonder om tyd in die Woord van God deur te bring om verkwik en in pas met Hom te kom, sal ons harte en verstand swig voor die hardheid van die lewe. Ons sal aan ons eie geestelike droogte ly en met droogheid en dors gelaat word. Sonder om gereeld tyd met Hom deur te bring om ons harte en verstand met die Waarheid te vul, sal ons vind dat ons gewillig is om te reik na enigiets wat ons valslik glo die dors in ons siele sal les. 



'n Outomatiese besproeiingstelsel in my tuin is gestel om in die vroeë oggendure vir 30 minute aan te gaan. Hierdie spesifieke tyd verseker dat die plante volgehoue vog sal kry wat nodig is om die versengende hitte van die dag te oorleef. 



Soggens is ook die beste tyd vir jou siel om diep te drink en 'n verbintenis te maak met Lewende Water voor die chaos van die dag begin. As jy tyd maak om by jou Vader uit te kom, sal Hy jou in jou nood ontmoet. Jy sal van Hom krag kry om vorentoe te beweeg en sy vrede om jou gemoed te kalmeer. Met die gereelde natmaak uit sy Woord, sal die saad wat Hy in jou hart geplant het groei, floreer, en 'n groot oes vir sy koninkryk inbring.



Het jy 'n spesifieke tyd vasgestel vir die natmaak van jou siel? 



Is jou hart seer, eensaam of depressief? Voeg nog water by!



Om gereeld tyd met die Woord van God deur te bring is noodsaaklik vir jou lewe, gesondheid en groei. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid