Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 2 VAN 12

Voorbereiding



Die lang winter is aan die verbygaan en die son maak 'n seldsame verskyning, wat my koue bene verwarm. Ek is gretig om buite in my tuin te kom. Ek hoor die roepstem om grond onder my vingernaels te kry en met God en die natuur te kommunikeer. As jy 'n tuinier is, sal jy verstaan. As jy nie 'n tuinier is nie, wees net geduldig. Ek hoop jy sal steeds beginsels vind om op jou lewe toe te pas. 



Die eerste reël van tuinmaak is die voorbereiding van die grond. Omspit, uittrek van onkruid, die reguit maak van rye en blokke en bemesting van die grond is nodig voor ek selfs kan dink aan saai. 



Voorbereiding is die mees uitmergelende deel van tuinmaak. 



Die grond moet omgespit word om die boonste kors van die grond los te maak. Die skerp tande van die ploeg maak diep vore om water toe te laat om die plante se wortels binne te dring. Met die omspit kom klippe en stokke uit die grond, en ook ou dooie wortels of insekte se larwes wat oorwinter het en verwyder moet word. 



Net so kan die “omspit” van ons harte die harde en donker plekke daarbinne versag en sonde of slegte gewoontes openbaar wat blootgelê en verwyder moet word. Al kan jy grond met die hand losbreek of 'n ploeg in jou tuin gebruik, kan die bewerking van jou siel selfs meer moeite verg, en sal beslis meer as blase op jou hande veroorsaak. 



Net soos die tande van die ploeg diep in die tuingrond ingaan, sny die skerp, tweesnydende swaard van die Woord van God tot diep in ons harte en openbaar ons trots en selfgesentreerdheid. Dit verg gewilligheid en kwesbaarheid om stil te wees voor God en sy Gees toe te laat om ons reg te stel en in ooreenstemming met Hom te bring. Dit verg nederigheid om te erken dat ons verandering en aanpassing nodig het, en om te erken dat ons sommige dinge moet oorgee of moet verwyder. Die bewerking van ons siele beteken ook 'n gewilligheid om onsself te sien soos Hy ons sien, om saam te stem met sy perspektief van ons en te glo in sy groot liefde vir ons. 



Dikwels word die lewe se moeilike omstandighede die "gereedskap" wat die hardheid van ons harte losbreek. Iets onverwags gebeur — die verlies van 'n werk, 'n groot siekte, 'n gebroke verhouding — en ons is verpletter. God verkwis nooit enigiets nie. As ons dit toelaat, sal Hy ons moeilike ervarings gebruik om ons harte te herstel, ons karakter te ontwikkel en ons geloof te laat groei. Hy verfyn en berei ons voor vir groter dinge wat kom.



'n Bewerkte en voorbereide hart is een wat toegelaat het dat die lig van die Woord van God dinge wat verborge is blootlê en openbaar, wat die geleentheid bied om dit in belydenis en bekering voor Hom te bring. Met 'n oop, teer hart kan ons ten volle in vryheid leef sonder skaamte en spyt, in die wete dat Hy deur selfs ons mees teenstrydige gedagtes en gewoontes werk. Hy gee ons krag wat ons eie krag uitermate oortref, en maak ons ​​gereed en in staat om vrug te dra vir sy koninkryk. 



Is jy bereid om toe te laat dat sy Woord jou hart voorberei vir sy teenwoordigheid? Hy wag vir jou toestemming. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid