Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 3 VAN 24

Wanneer Jy Probleme Ondervind, Is Gemeenskap Jou Veiligheidsnet

Wanneer jy lyding in die lewe ervaar, het jy mense nodig om saam met jou te huil.


Daar is omstandighede waardeur niemand ooit alleen moet gaan nie. Niemand moet ooit in die hospitaal wag terwyl 'n geliefde 'n lewensgevaarlike operasie ondergaan nie. Geen vrou moet ooit alleen wag vir die laboratoriumverslag oor 'n problematiese swangerskap nie. Niemand moet alleen wag vir nuus van 'n slagveld af nie. Niemand moet alleen staan op die rand van 'n oop graf nie. Niemand moet die eerste nag alleen deurbring, nadat 'n huweliksmaat dood is of weggeloop het nie.


Die feit is; sommige van hierdie dinge gaan met jou gebeur. Dit is onvermydelik. Jy sal deur 'n tragedie gaan. Jy gaan slegte nuus ontvang. Jy gaan hartseer ervaar. Net 'n dwaas sal heeltemal onvoorbereid deur die lewe gaan vir iets wat jy weet gaan gebeur. Die tyd om die veiligheidsnetwerk te bou — die netwerk van ondersteuners en vriende — is nou.


Wat is God se veiligheidsnet? Dit is 'n groep gelowiges. Jy het nie honderd nodig nie. Jy het net vyf of ses nodig — 'n groep gelowiges wat tot jou verbind is.


Daar was 'n man wat sewe jaar lank na Saddleback se kerk toe gekom het. Hy het op die houtbanke gaan sit. Hy het nooit betrokke geraak nie en het nooit by 'n kleingroep aangesluit nie. Hy het net gekom om te aanbid en direk na die diens vertrek. Op 'n dag het hy 'n hartaanval gehad en was in die hospitaal vir twee weke. Ek was uitstedig en het nie daarvan gehoor totdat ek terug was nie. Nadat hy ontslaan is, het hy kerk toe gekom en gesê: "Ek gaan die kerk verlaat." Ek het gevra: "Hoekom?" Sy antwoord was: "Omdat dit onvriendelik is. Niemand het my in die hospitaal kom besoek nie." Terwyl hy wegloop, het ek gedink: "Dit is jou skuld!"


Hy het nooit omgegee vir enigiemand anders as homself nie. Hy het nooit genoeg omgegee om iemand te ontmoet nie. Hy het nooit betrokke geraak by 'n kleingroep nie, nooit gegee nie en nooit gedeel nie. Dit was sy skuld dat, toe die krisis gekom het, niemand daar was nie, want hy het nooit verhoudings gebou nie.


Dit is nie hoe God bedoel het dat ons deur die lewe moet gaan nie. Hier is God se plan: "Wees bly saam met die wat bly is en treur saam met die wat treur" (Romeine 12:15).


Gemeenskap is God se antwoord op wanhoop. Jy is gemaak om jou lewe met ander te deel! Nou is die tyd om mense te vind wat jou deur die lewe sal ondersteun, wie saam met jou sal bly wees in jou oorwinnings en saam met jou sal huil in moeilike tye.


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid