Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 5 VAN 24

Vertel Ander Jou Verhaal


Die mees effektiewe manier om ander mense te laat weet van die wonderlike dinge wat God in hulle lewens kan doen, is om vir hulle die verhaal te vertel van wat God in jou lewe gedoen het. Dit is wat 'n verskil maak.


Jesus het in Handelinge 1:8 gesê: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees." Wanneer ek die woord "getuie" hoor, dink ek aan 'n hof. Dit is die perfekte beeld van wat God ons vra om te doen om 'n verskil in die wêreld te maak. Hy sê nie ons moet die prokureur wees wat die saak verdedig nie. Hy sê nie ons moet die regter wees wat ander mense oordeel nie. Hy wil ons as getuies hê.


Wat doen 'n getuie? 'n Getuie sê net: "Dit is wat ek gesien het. Dit is wat ek gehoor het." 'n Getuie vertel slegs vir ander die verhaal van wat God in hulle lewens gedoen het.


Vriende weerhou nie goeie nuus van mekaar nie. Jy vertel hulle die goeie nuus van wat God in jou lewe gedoen het, sodat dit 'n ewigheidsverskil in hulle lewens kan maak.


Is jy onseker oor hoe om te begin? Hier is 'n eenvoudige plan van aksie: Skryf jou verhaal neer en deel dit met jou kleingroep. Begin om dit te deel met die mense wat naby aan jou is, sodat jy dit kan inoefen. Dan sal God jou die geleentheid gee om jou verhaal met iemand te deel wat die Goeie Nuus moet hoor.


"Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het" (Psalm 66:16).


Wie in jou lewe moet hoor wat God vir jou gedoen het?


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid