Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 7 VAN 24

Verhoog Jou Verwagtinge Oor God


God werk in mense se harte wanneer ons dit van Hom verwag.


Voor elke diens by Saddleback se kerk, bid ek: "God, dit sal 'n mors van tyd wees om met die mense te gaan praat sonder om te verwag dat U iets sal doen. So ek gaan U by voorbaat bedank vir die verandering van lewens. Ek verwag dat dit in geloof sal gebeur. Nie as gevolg van wie ek is nie, maar as gevolg van wie U is." Dit is die geloof wat God gebruik om lewens te verander.


Baie min mense kom na Jesus Christus toe as hulle die Goeie Nuus vir die eerste keer hoor. Hulle moet daaroor dink en tyd neem om die regte besluit te maak.


Moet nooit moed opgee oor iemand nie. Niemand is 'n hopelose geval nie! Jy moet God vertrou. Hebreërs 11:1 sê: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

Sommige van julle bid al 'n geruime tyd vir 'n kêrel, 'n kind of 'n goeie vriend om tot bekering te kom. Jy het al vir jare gebid, en tog sien jy geen bewyse dat hulle enigsins nader aan God is as wat hulle vyf jaar gelede of twee jaar gelede of 'n jaar gelede was nie.


Wat moet jy doen? Jy moet in geloof begin bid en verwag dat God sal optree. Geloof is om seker te wees van dit wat ons nie sien nie. Dis nodig dat jy vir God sê: "Ek sien nie dat hulle nader aan U kom nie. Maar ek gaan bid en verwag dat U in hulle lewens werk, selfs al sien ek dit nie."


Onthou jy die verhaal in die Bybel van die vier mans wat 'n vriend gehad het wat verlam was? Hulle het geglo dat Jesus hulle vriend kon gesond maak, dus het hulle hom op 'n mat geplaas en hom na Jesus toe gevat. Toe Jesus hulle geloof sien, het hy gesê: "Mens, jou sondes is jou vergewe" (Lukas 5:20b), en Hy het die man genees.


Jesus genees die verlamde man op grond van die vriende se geloof, nie die siek man s'n nie. Soms moet jy namens ander mense glo en verwag dat God sal optree. Plaas 'n bietjie geloof in 'n groot God en jy sal groot resultate kry.

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid