Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 2 VAN 24

Gemeenskap: God se Antwoord op Nederlaag


Wie dra jou belange op die hart?


Jy het mense nodig wat jou sal verdedig, opstaan vir jou en jou beskerm, help om op die regte spoor te bly en jou te waarsku. Ons almal het dit nodig, want ons almal het blinde kolle.


Filippense 2:4 sê: "Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander." As jy 'n vers wil hê wat jou kultuur uitdaag, daar is hy! In verskeie lande is die algemene idee dat dit alles oor my gaan — my behoeftes, my belange, my begeertes en my ambisies.


Die Bybel sê egter dat ons vir mekaar moet omgee. Ons is familie! As broers en susters in God se familie, moet ons mekaar verdedig en mekaar help om op die regte spoor te bly.


Sedert 11 September 2001, was die Amerikaners almal meer waaksaam om mekaar se belange op die hart te dra. Maar het jy geweet dat jy 'n vyand het wat meer vernietigend is as terroriste? O ja! Jy het 'n persoonlike vyand, en hy haat jou durf. Sy naam is die Satan. Hy wil jou lewe vernietig. Hy wil jou verhoudings verwoes. Hy wil jou verslaan.


Waarom sal hy dit doen? Omdat hy God nie kan seermaak nie. As jy nie iemand kan seermaak nie, wat doen jy? Jy gaan teiken hulle kinders. Die Satan kan nie vir God seermaak nie, dus probeer hy God se kinders seermaak.

Wanneer die Satan jou aanval, kom hy nie met 'n rooi kostuum en 'n vurk en sê: "Het jou!" nie. Hoe vernietig die Satan jou lewe? Deur gewoontes wat jy nie kan breek nie, deur seer wat jy nie wil laat gaan nie, deur probleme en omstandighede, deur verhoudings wat jou hart breek.


Die meeste Christene word verslaan, omdat ons die Satan op ons eie probeer beveg. Dit is dom! Jy gaan nooit die duiwel op jou eie wen nie. Jy het ander mense nodig, wat vir jou sal waghou en jou sal help.


Gemeenskap is God se antwoord op nederlaag. Jy moet die mense vind wat in moeilike tye by jou sal staan en sê: "Ons gaan nie toelaat dat jy mismoedig word nie. Ons gaan nie toelaat dat jy depressief raak nie. Ons gaan nie toelaat dat jy bekommerd is nie. Ons gaan hier by jou bly."


"Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie" (Prediker 4:12 NLV).


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid