Leesplan inligting

Nuwe LeweVoorbeeld

Nuwe Lewe

DAG 3 VAN 12

HET DIE HELE MENSDOM 'n VERLOSSER NODIG?


JA!


a) Sonde en die dood het vanaf Adam se tyd geheers. 


“As gevolg van Adam se ongehoorsaamheid aan God het hy die hele wêreld saam met hom in die donker moeras van die sonde ingesleep. Daarom is ons almal nou sondaars. Dit is Adam se erfporsie aan ons.


Adam het hierdie verskriklike gemors oor ons almal gebring. Maar gelukkig wys hy ook vooruit na Die Een (Jesus) wat ons daaruit sou kom bevry. As een enkele persoon se sonde in staat was om miljoene mense in sonde te dompel, dink net wat God kan regkry deur een Man, Jesus Christus. Omdat God so baie vir ons omgee, het Hy hierdie Man (Jesus) na ons toe gestuur om ons vry te kom maak. Vir altyd!” (Rom. 5:12-15 DB) 


b) Jy moet egter kies om vrygemaak te word – om met God versoen te word. 


2 Kor. 5:19 sê dat God die wêreld in Christus Jesus met Homself versoen het. Ons moet egter 'n keuse maak om dit aan te neem. Sonde het 'n verdienste: die dood.


MAAR God bied 'n geskenk: die Ewige Lewe! 


“Die loon wat die sonde gee (betaal), is die dood (afgesny van die lewe van God); die genadegawe (geskenk) wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 6:23) 


God se geskenk aan die mensdom (en aan jou), is vergifnis en die Ewige Lewe. Die geskenk van die Ewige Lewe in Jesus Christus moet egter aangeneem word! Dit behoort nie net outomaties aan jou nie. 


Die oomblik wanneer jy besef dat God, in Jesus, alreeds die volle prys vir jou verlossing en vergifnis betaal het en jy dit aanneem, vind 'n nuwe geboorte plaas! 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe

Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worste...

More

Ons wil Lewende Woord bedank vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://lewendewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid