Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 7 VAN 7

ONS IS GESIEN, GEKIES EN GESTUUR. KOM ONS GAAN!


"Hy het vir hulle gesê: 'Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom'" — Markus 16:15.



Om as die dogter van die eerste generasie Griekse immigrante groot te word, het beteken om in 'n baie Griekse lugborrel groot te word. Omdat my ouers — en al hul vriende — niemand behalwe mekaar gehad het om op staat te maak toe hulle na Australië gekom het nie, het hulle 'n noue groep gevorm, met die idee dat veiligheid in getalle lê. Deur my kinderjare, het my ouers, tantes en ooms, neefs, niggies en vriende en bure soveel moontlik in 'n hegte gemeenskap gebly, bang vir wat kan gebeur as hulle dit elders waag. Dit was nie omdat hulle nie Engels gepraat het nie. My ouers het 5 tale gepraat: Arabies, Grieks, Frans, Italiaans en Engels. Hulle was briljante mense! Hulle het geweet hoe om in die moderne samelewing te lewe, maar het verkies om in hul eiegemaakte wêreld te leef.



Soms dink ek ons as Christene tree soortgelyk op. Ons leef in 'n Christelike lugborrel in ons Christelike gemeenskap, saam met ons Christelike vriende, en ons bly daar. Miskien is dit waar ons skuil, in hierdie Christelike eiegemaakte subkultuur. Ons ontwerp wat ons dink is hemel op aarde, en ons bly daar in die hoop dat alles goed sal gaan totdat ons hierdie planeet kan verlaat. Terwyl Jesus ons al die tyd gesien het, gekies het en ONS UITGESTUUR HET DIE WERELD IN om dissipels te maak. Ons kan nie sy grootste gebod ons eerste prioriteit maak as ons nie uit ons lugborrel wil breek nie. 



Jesus het ons nie gered om 'n Christelike subkultuur te bou nie. Om nie mense te ontmoet wat nie soos ons lyk nie, soos ons optree, nie soos ons dink of soos ons glo nie. Hy het ons nie gered om van die wêreld weg te kruip, dit te vermy, te ignoreer, te vrees, te haat, om die wêreld te veroordeel of te oordeel nie. Hy het ons letterlik na die wêreld gestuur ... om dissipels te maak ... sodat ons die wêreld wat Hy geskep het en so teer en vurig liefhet, kan liefhê.



“Gaan uit die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.”



Die belangrikste woord in hierdie vers? GAAN.



Gaan die hele wêreld in.



Gaan wees lief vir die verlorenes.



Gaan verstaan die verlorenes.



Gaan hê medelye met die verlorenes.



Gaan vertel die verlorenes van Jesus.



Gaan maak dissipels.



GEBED


Hemelse Vader, dankie dat U my gesien het, my gekies en gestuur het. Help my om die krag en moed te hê om te gaan waar U wil hê ek moet gaan om dit waartoe U my geroep het te doen. Amen.



Vir meer hieroor besoek www. christinecaine.com/2020study  


Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid