Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 6 VAN 7

MAAK JESUS SE LAASTE OPDRAG JOU GROOTSTE PRIORITEIT


"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" — Matteus 28:19-20.



Daar word dikwels na hierdie verse verwys as Die Groot Opdrag omdat God ons die opdrag gee om die mense “dissipels te maak”. Matteus het opgeteken dat dit die heel laaste woorde was wat Jesus gespreek het voordat hy na die hemel opgevaar het.



Blyk die laaste woorde wat iemand uiter nie altyd die belangrikste nie? Wanneer iemand 'n Laaste Wil en Testament skryf, word hul finale instruksies en herinneringe neergepen. Is dit nie woorde wat ons nooit vergeet nie?



 My ma is op dieselfde dag as my vyftigste verjaarsdagpartytjie oorlede. Nick het hierdie wonderlike partytjie saam met soveel vriende vir my gehou. Op pad huis toe het ek oproepe wat ek gemis het gekry, met 'n eenvoudige boodskap: "Mamma is weg." My broer het vroeër die dag my ma gehelp om met my te gesels op "Facetime", daarvoor sal ek altyd dankbaar wees. Ek het vir haar gesê ek sal na die partytjie volledig verslag oor al die pret aan haar gee wanneer ek haar skakel. Ek sal altyd die laaste herinnering wat ek van haar het, koester — om na haar lieflike glimlag op haar gesig te kyk, en haar laaste woorde aan my te hoor, "Ek is lief vir jou."



Hoe kan ek nie haar laaste woorde koester nie?    



Het iemand al ooit vir jou laaste woorde gegee? Wat sou jy doen as daardie laaste woorde 'n instruksie bevat? Wat as daardie woorde 'n pleidooi insluit: "Sorg vir jou broer," of, "jy moet ma vir my oppas"? Sou daardie versoek nie 'n missie in jou lewe word nie? Sou dit nie jou grootste prioriteit word nie?



 Is dit nie tyd dat ons Jesus se laaste woorde — sy laaste opdrag — ons grootste prioriteit maak nie? 



Wat sou gebeur as ons ons lewens vir God aanbied om sy deernis, krag, teenwoordigheid, waarheid en liefde bekend te maak? Wat sou gebeur as ons oral waar ons gaan, met elke interaksie, eenvoudig sou sê: “Vader, ek is ten volle beskikbaar. Gebruik my, gebruik hierdie tyd, gebruik hierdie interaksie om ander nader aan U te bring?” Dink jy Hy sal daardie gebed verhoor? Hy sou, ek is oortuig. 



God het jou en my gekies om Hom in hierdie wêreld bekend te maak. Daar is geen plan B nie. Ons is God se plan A. Kom ons maak sy laaste opdrag ons grootste prioriteit.



GEBED


Vader, oral waar ek vandag gaan, is ek ten volle beskikbaar. Gebruik my in elke interaksie, elke ontmoeting, om ander na U te lei. Ek is so gereed om dissipels te maak, in die Naam van Jesus, bid ek, amen.



Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid