Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 5 VAN 7

KOM ONS WEES LIEF VIR ONS NAASTE


"Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: 'Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?' Jesus sê vir hom: 'wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?' Hy antwoord: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.' 'Jy het reg geantwoord,' sê Jesus vir hom. 'Doen dit en jy sal die lewe verkry.' Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: 'En wie is my naaste?'" — Lukas 10:25-29.



Die verhaal van die barmhartige Samaritaan is 'n gelykenis wat Jesus vertel het van 'n man wat op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, deur rowers aangeval is, halfdood langs die pad gegooi is en gelos is om te sterf.



Die verhaal verloop so, die eerste en tweede persone wat op die man afgekom het, was godsdienstige mense — 'n Joodse priester en ’n Leviet — wat die Woord van God geken het en gesagsposisies in die sinagoge gehad het. Hulle het albei by hom verbygegaan. Die derde man, wat nie godsdienstig was nie, maar 'n boorling van Samaria, het hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan.  



Al drie was êrens anders heen op pad, maar net een was bereid om persoonlik onderbreek en verontrief te word. Slegs een het van sy tyd en hulpbronne gegee. En hy was toevallig 'n Samaritaan — 'n man uit 'n ras en kultuur wat deur die Jode verag is. Hierdie man het soos God liefgehad, wat 'n versperring van vooroordeel en diskriminasie verbreek het. Hy het sy naaste liefgehad soos homself. 



Nadat Jesus hierdie verhaal vertel het, het hy 'n opdrag gegee: “... Toe sê Jesus vir hom: 'Gaan maak jy ook so'" (Luk. 10:37).



Toe ek van mensehandel bewus geraak het, het God hierdie verhaal gebruik om my in my toekoms te lei. Hy het 'n standpunt vir my beklemtoon: “Hy het na hom toe gegaan” (Luk. 10:34).



Ek was 'n besige vrou, 'n eggenoot, 'n ma van twee, met baie om te doen, maar God wou my lewe en my planne vir sy doel onderbreek. God wou hê ek moet vir mense wat ek nog nooit ontmoet het of geweet het bestaan nie die pad oorsteek. Hy wou hê ek moet die vermiste mans, vroue en kinders wat in hedendaagse slawerny vasgevang is, gaan soek. 



Wie is jou naaste?



Vir my is my naaste die mensehandel slagoffers. Die mense wat ek in kerke ontmoet, die vrou wat oorkant die straat woon, die hawelose persoon wat ek sien. Die persoon wat iets nodig het wat ek kan voorsien.



As ons ons wêreld wil bereik, moet ons almal as ons naaste sien. Elke persoon is ons liefde werd, ongeag hul oortuigings, optrede of gesindhede, want God sien hulle as lieflik en aflosbaar deur sy genade. 



GEBED


Vader, ek kies om die pad oor te steek, om my naaste te help, om hulle lief te hê soos ek myself liefhet. Dankie dat U my altyd aanspoor en my help om te onthou, dat ek nie te besig is vir hulle nie. In die Naam van Jesus, bid ek, amen.



Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid