Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 2 VAN 7

GOD HET JOU GEKIES

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het” — Efesiërs 1:3-6.


“Christine?” vra Ma. “Aangesien ons die waarheid praat, wil jy graag die volle waarheid weet?”


Ek was toe 33, en ek het geweet die manier waarop my ma daardie vraag gevra het, kon net een ding beteken.


Ek het na haar huis gehardloop om in dit wat ek geweet het nie waar kan wees nie tussenbeide te tree. My broer, George, het 'n brief ontvang wat sê hy is aangeneem. Ek het by Ma se voordeur ingestap net toe George daardie brief aan haar gee.


Ek sal nooit vergeet hoe haar hande begin bewe het nie. Die vrees wat haar oë gevul het. Die verlies aan woorde wat sy nog nooit gehad het nie. En toe die trane wat eindeloos van ons almal begin loop het.


Toe sy haar stem weer vind, kon ek haar hart hoor breek. “George ek is so jammer dat jy so moes uitvind. Ons het nooit bedoel om jou seer te maak nie. Jou pa was lief vir jou. Ek het jou lief. As ek self aan jou geboorte geskenk het, kon ek jou nie meer liefgehad het nie.”


Ek onthou hoe ek na die kombuis gegaan het en kos op die tafel gepak het. Daar is een manier waarop Griekse gesinne elke probleem oplos: ons eet. 


Dit was toe ek na die baklava gryp dat my ma my daardie veelseggende vraag gevra het, en op een of ander manier het ek geweet. Ek het net geweet. Toe ek haar oë vir 'n antwoord soek, met die hoop dat dit enigiets anders sou wees as wat ek gedink het, sê ek: "Ek is ook aangeneem."


Minute later het sy die mooiste woorde vir my gesê. Woorde wat genesing gebring het. Sy het dit selfs in die weke wat volg vir my herhaal ... 


“Ek het jou liefgehad voordat ek jou geken het.”


 Daardie woorde word tot vandag toe gekoester. Dit was die hart van 'n ma wat my verseker het dat sy na my verlang het, my wou hê en my gekies het, nog voordat sy my gesien het. 


Wanneer ek aan daardie woorde dink, kan ek nie anders as om die hart van my hemelse Vader te hoor nie, die Een wat my ook nog altyd wou hê. Die Een wat my lank voor my ma gekies het.


Dieselfde Een wat jou gekies het.


GEBED

Vader, dankie dat U my as u dogter gekies het, en om u Seun, Jesus, na my wêreld te dra. Ek bid dat U my die krag en moed sal gee om nie net ander te sien soos U hulle sien nie, maar om in geloof uit te gaan en hulle met u liefde te bereik. Om te help dat hulle voel hulle is deur U gekies. Amen.


Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid