Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 4 VAN 7

JY IS SOUT EN LIG

"Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis" — Matteus 5:13-15.


As jong universiteitstudent het ek vriende gemaak met iemand wat skynbaar alles gehad het — skoonheid, grade, prestasies, rykdom. Alles wat ek gevoel het wat ek nie het nie. Tog was ons geheg aan mekaar. Sy het vir drie dae verdwyn en nie my oproepe beantwoord nie, en ek het natuurlik bekommerd geraak. Verbasend genoeg het sy die derde dag opgedaag, en ek is meegedeel dat sy by 'n partytjie was waar byna almal dwelms gebruik om wakker te bly. Sy het gesê: “Daar was soveel liefde en vreugde. Daar was soveel vrede dat ek uit die veld geslaan was.” En daarmee het sy 'n blommetjie uitgetrek. "Chris ek het so baie daarvan gehou, ek wou nie hê jy moet dit misloop nie, so ek het vir jou 'n halwe tablet gebêre." 


Ek het haar aanbod vriendelik van die hand gewys, maar ek was senuweeagtig. Ek het 'n paar jaar vantevore my lewe ten volle aan Jesus gegee, en ek kon nie help om te dink: Hierdie meisie is so lief vir my, dat sy nie wou hê ek moet die liefde, vreugde en vrede van 'n dwelm misloop nie. En jy, Christine, het die Heilige Gees van God wat in jou woon, wat die bron van liefde en vreugde en vrede is. Christine, jy was te skaam om oor God te praat, want jy het gedink sy het Hom nie nodig nie, terwyl God die een ding is wat sy die nodigste gehad het.


Daarna het ek gehuil. Ek het God belowe ek sal nooit toelaat dat iemand se passie oor enigiets — dwelms, geld, sukses of selfs ’n saak — meer passievol sal wees as my liefde vir Hom en my gewilligheid om vir mense te vertel wie Hy is nie. 


Hoekom is dit maklik om mense wat se lewens deurmekaar is te herken as diegene wat gevind moet word, maar ons faal om te sien dat diegene wat blykbaar alles in plek het ook verlore is? Wil God nie hê ons moet verstaan dat verlore mense soos alle mense lyk nie? 


Sedert daardie dag het ek nie vergeet dat daar in elke menslike hart 'n God gevormde vakuum is wat net deur Jesus gevul kan word nie, en almal moet van Hom hoor. 


GEBED

Vader, help my om oral waar ek gaan en by almal wat ek ontmoet sout en lig te wees. Help my om te kyk en te sien ... die gebrokenes en die verlorenes ... dit maak  nie saak hoe hulle voorkom nie. Help my vandag om deernis en moed te voel om uit te reik en iemand nader te trek. In die Naam van Jesus, bid ek, amen.


Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid