Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 1 VAN 7

GOD SIEN JOU


"Maar Hy sê vir Samuel: 'Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike'" — 1 Samuel 16:7.



Op 'n reis jare gelede het ek net voordat ons gesin aan boord 'n vlug sou gaan vir ons koffie gaan haal. Nick het saam met die meisies vooruit gegaan om hulle gemaklik te kry. Toe ek van die terminaal af terug by die hek kom, het ek na die straal brug begin beweeg. 'n Lugredery-werknemer het my een kyk gee en gesê: "Mevrou jy kan nie aan boord gaan nie."



Verbouereerd, het ek gevra wat sy bedoel. 



"Wel, as jy tyd het om koffie te gaan haal, het jy nie tyd om aan boord die vliegtuig te gaan nie." 



Ek was geskok. Dit het nie sin gemaak nie. Ek het geweet dit was nie verby die tyd om aan boord te gaan nie. “Mevrou die deur is oop. Neem asseblief my kaartjie en laat my aan boord gaan.”



Sy wou nie saamwerk nie. 



“Mevrou, my man en kinders is aan boord,” het ek gesê. “Laat my asseblief aan boord gaan.”



Sy was onwrikbaar. 



Ek onthou dat ek so hulpeloos, so verras, so onbeduidend gevoel het. Sy het geen empatie vir my getoon nie, geen kommer dat ek van my gesin geskei is nie. Sy het na my gekyk, maar sy het my nie gesien nie.



Ek het uiteindelik aan boord gegaan, maar ek het nog nooit vergeet hoe daardie vrou my laat voel het nie. En tog, is ek deeglik bewus van die kere wat ek meer soos sy opgetree het as wat ek soos Jesus opgetree het — wanneer ek gekyk het, maar nie gesien het nie. Hoe maklik is dit vir ons om verstrooid verby die kelner wat ons bedien, die persoon wat ons manikuur by die salon gee of die klerk by die winkel te kyk. Hoe algemeen is dit dat ons na ons fone staar en vergeet om die barista wat ons koffie aangee erkenning te gee? Hoeveel keer was ons die een wat iemand anders misgekyk het?



Kyk is nie dieselfde ding as sien nie. Die vrou by die hek het na my gekyk maar sy het my nie gesien nie. Sy het haar blik na my gerig, maar sy het nie my situasie waargeneem of verstaan nie.



God wil hê ons moet kyk en sien! Hy wil hê ons moet ander mense deur sy perspektiewe sien — veral wanneer dit kom by mense wat ons paaie elke dag kruis.  



GEBED



Hemelse Vader, maak die oë van my hart oop sodat ek mense sien en nooit weer iemand oor die hoof sien nie. Help my om mense om my gesien, geken, gehoor, waardig en gewaardeer te laat voel. Gebruik hierdie leesplan om my te wys hoe ek kan groei om ander duideliker as ooit tevore te sien, om hulle te sien soos U hulle sien. In die Naam van Jesus. Amen.



Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid