Leesplan inligting

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine Voorbeeld

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

DAG 3 VAN 7

GOD HET JOU GESTUUR


"Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie maar dat U hulle van die Bose bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos ek ook nie tot die wêreld behoort nie Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur. En terwille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees — Johannes 17:15-19 .



Toe ek en Nick net getroud is, was daar geen toeps om te navigeer nie. Ons het oopvou papier kaarte wat die hele voorruit van die motor geblokkeer het gebruik, dit het ook nooit na die oorspronklike vorm teruggevou nie. Dit het reis so spanningsvol gemaak! Toe ons aan toestelle soos "Navman" bekend gestel is het ek so verlig gevoel asof ons van een of ander soort navigasie-huweliksgebondenheid verlos is. Met ons aankoop daarvan het ons vrede ervaar wat ons nog nooit geken het nie. 



Maar dit was nie regtig 'n Navman nie. Dit was 'n "Navvrou", want die toestelstem was 'n vrou met 'n fluweelagtige, vleiende manier van praat: "By die sirkel, neem die tweede uitgang,” en wanneer jy die uitgang mis, het sy met 'n geleidelike verheffing in haar stem gesê: “Her-navigeer ... her-navigeer.”



Aanvanklik het ek gedink sy is wonderlik, en het haar Matilda genoem. Maar toe kom ek agter dat Nick net gewillig alles wat sy sê gehoorsaam het! Wanneer sy sê hy het 'n fout gemaak en 'n U-draai moes maak het hy nie geïrriteerd geraak nie. Hy het nie nors geraak of teruggepraat nie. Hy het net stilweg gehoor gegee. Ek was geskok. Ek het vir die man twee kinders gegee maar hy het meer na haar aanwysings as na myne geluister! 



Wel, ek het vir Matilda uitgesorteer. Wanneer sy met haar gladde stem vir my sê draai links, het ek "Nee" gesê. En verby die afdraai gery. Ek het daarvan gehou wanneer sy heeltemal deurmekaar geraak het en haar skerm sneeuwit sou word. 



Ondanks my gek reaksie op 'n toestel, kan ek nie ontken dat sy soms vertroostend was nie. As ons verdwaal het, het sy geweet hoe om ons weer op die regte pad te kry. As ons in ’n onbekende stad was, het sy geweet hoe om ons om eenrigtingstrate en konstruksie-ompaaie te navigeer. Waar ons ook al was, sy het geweet hoe om ons in die regte rigting te wys — dit maak nie saak hoe erg ons fout was nie.



Is dit nie wat God vir diegene wat verlore is wil doen nie? Is dit nie hoekom ons na 'n verlore en gebroke wêreld gestuur word nie? God wil nie hê dat enigiemand in 'n verlore toestand moet bly nie. Kyk deur die verloop van jou dag wie jy kan help om te "her-navigeer". Soek die verlorene wat God vir jou gestuur het.



GEBED


Hemelse Vader, ek weet dit is u wil dat elke mens U en die dieptes van u liefde leer ken. Ek lig __________________ op na U, en bid dat hy/sy in U gevind sal word. Gebruik my, Here, om hom/haar te help om herlei te word, en hul harte ten volle aan U toe te vertrou. In die Naam van Jesus, bid ek, amen.



Aangepas uit "20/20: Seen. Chosen. Sent" deur Christine Caine. Kopiereg © 2019 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Lifeway Women. Alle regte voorbehou.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

20/20: Seen. Chosen. Sent. By Christine Caine

Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.christinecaine.com/2020study

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid