Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 14: Die Pleitrede
In 'n gebroke wêreld pleit die psalmdigter by God om met sy vals beskuldigers af te reken. Die idee om so 'n versoek (“laat my teëstanders met skande oordek word”) te rig, kan ongewoon wees vir mense wat nie direk met die onregverdigheid van oorlog, volksmoord of sekshandel te doen kry nie. Tog, op een of ander stadium het almal van ons gekies om kwaad met kwaad te vergeld. In plaas daarvan om egter die reg in sy eie hande te neem, neem die psalmdigter die ongeregtighede na God en vra Hom om namens hom op te tree. Hy laat toe dat 'n regverdige en heilige God met die mense afreken wat hom verontreg het, in plaas daarvan om sy eie vergelding te soek.
As God net vergewensgesind was en nie regverdig nie, sou ons nêrens gehad het om heen te gaan as iemand teenoor ons gesondig het nie. God se heiligheid sal egter nie onreg toelaat nie. Dit mag dalk vertroostend klink, maar ons moet onthou dat ons ook onregverdig is; indien daar dus nie vir ons 'n oplossing is nie, sal ons ook veroordeel word met dieselfde oordeel as ons onderdrukkers. Die enigste rede hoekom die psalmdigter (of ons) by God kan pleit, is omdat Christus alreeds namens ons gepleit het. Toe Christus na God uitgeroep het aan die kruis, is Hy verwerp en bespot, omdat Hy die plek ingeneem het van 'n sondige mensdom. Ons kan ons nou op God beroep, omdat Hy deur Christus, wat sonder sonde is, na ons kyk. Christus het by God namens ons gepleit.
Gebed
Ons Vader, ons prys U omdat U Christus gestuur het om ons dade van ongeregtigheid teenoor U te bedek. Daarom kan ons in 'n verhouding met U staan, U wat perfek en heilig is. Ons dank U dat U na ons pleitredes luister as ons verontreg is en ons weet dat U met deernis en genade na ons luister. Help ons om ons op U te beroep in plaas daarvan om ons eie vergelding te soek as iemand ons verontreg. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.