Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 27: Die Koning wat Kom
In die eertydse Nabye Ooste het 'n koning 'n stad binnegery op 'n oorlogsperd, om te wys dat hy militêre mag het, veral as dit 'n stad was wat hy so pas verower het. Hy wou seker maak almal weet dat hy die nuwe wettige heerser is en dat hy nie verwerp sou word nie. Die uitsondering was as 'n geliefde koning sy eie hoofstad binnegegaan het. Dan sou hy op 'n donkie ry — die welwillende koning.
Die profeet Sagaria praat van 'n dag wanneer Jerusalem haar koning sal sien terugkom. Hy sal die vyand eens en vir altyd verslaan en so 'n ewige redding bring en 'n nuwe regering van vrede begin. Hierdie hoop van die ware koning, wat op 'n donkie ry, het gemaak dat die skare skree: “Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste” (Matteus 21:9 AFR20), toe hulle Jesus op 'n donkie Jerusalem sien binnery.
Tog het die skare baie gou daarna kwaad geword en vergelding geëis: “Kruisig Hom!” (Matteus 27:22b). Jesus, wat voorheen as die koning verwelkom is, sou met gewelddadige verwerping begroet word deur 'n vyandige skare. Die ware koning keer terug na sy hoofstad, net om uit te vind dat dit Hom verraai het. Nog steeds het Hy op 'n donkie geklim, nie 'n oorlogsperd nie, en die stad met vrede binne gegaan. Hy het ook die uiteindelike oorwinning behaal vir sy mense, deur Homself oor te gee aan hulle geweld — ons geweld. Daardeur het Hy ons skuld bevestig en ons vergifnis bewerkstellig in een berekende oorwinning. Ons was die vyand wat hierdie koning moes oorwin, en die prys van die oorwinning was die dood van ons geliefde koning. En Hy het dit gedoen. Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!
Gebed
Here, ons juig en skree hardop omdat U u lewe gegee het om die prys te betaal vir ons verraad. Ons prys U as ons geliefde koning vir wie ons gewag het. Kom regeer in ons harte, ons lewens en in ons stad. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.