Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 30 VAN 40

Dag 30: Die Vas

Hier leer ons van drie maniere waarmee die Satan Jesus wou versoek. Elkeen was meer betekenisvol as die vorige een. Eerstens het hy Hom met kos versoek, toe het hy Hom uitgedaag om sy mag op aanskoulike wyse te vertoon en laastens het hy Hom aangehits om politieke mag te gebruik om God se koninkryk te vestig. Met hierdie laaste versoeking het hy Jesus versoek om die kruis te omseil. Die duiwel was meer as gewillig om ons almal aan Jesus terug te gee, as Hy hom net sou dien in plaas daarvan om God te dien. Omseil die lyding, red die mense, verraai God, doen dit op die maklike manier. Vir elke antwoord het Jesus na 'n Skrifgedeelte verwys om die Satan te weerstaan — die “swaard van die Gees” (Efesiërs 6:17).

Hierdie versoekings het plaasgevind ná Jesus se doop. Net nadat Jesus vir sy bediening gesalf is, het die Gees Hom vir 40 dae en nagte van vas in die woestyn in gelei, “waar Hy deur die duiwel versoek is.” Jesus se tyd in die woestyn herinner ons aan Moses wat vir dieselfde tydsduur op die Sinaiberg was (Eksodus 34:28). Na 40 dae en nagte gee God vir hom die Tien Gebooie om aan die Israeliete te gee. Hier sien ons dus dat Jesus die nuwe Moses is wat gekom het om die wet te vervul wat aan Moses gegee is.

Gebed

Genadige God, ons prys U dat U weet hoe dit is om aan versoeking onderwerp te word, en daarom met ons meegevoel het. Dankie dat U vir ons leer hoe om versoeking te weerstaan. Dankie dat U die kruisdood deurgemaak het. Dankie dat U die wet namens ons, en om ons onthalwe, vervul het. In die Naam van Jesus. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.