Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 26 VAN 40

Dag 26: Die Skat van die Nasies

Die boek van Haggai is geskryf vir diegene wat van Babilon af teruggekeer het om die verwoeste tempel van God te herbou. Dit was 'n aanmoediging en oproep om te herbou te midde van rommel, om te hoop ten spyte van verwoesting en om te bly glo in tye van swaarkry en teleurstelling.

In Haggai 2:6-9 praat Haggai van 'n tyd wat sal kom wanneer die wêreld geskud sal word soos dit nog nooit tevore geskud is nie. Dis ironies dat dié woord bedoel was as 'n vertroosting vir mense wat in die puin gestaan het! Dit is moeilik om te verstaan as jy vir die eerste keer daarna kyk, maar die skrywer van Hebreërs het vertroosting gevind in die feit dat die wêreld geskud gaan word, want dit verwys daarna dat “ ... die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly ... 'n onwankelbare koninkryk ... ” (Hebreërs 12:26-28).

Te midde van Haggai se verklaring dat die hele skepping (vers 6) en al die nasies (vers 7) geskud sal word, is daar die belofte dat “die skat van alle nasies sal kom”. “Skatte” is 'n Hebreeuse woord wat 'n enkel- of meervoudige selfstandige naamwoord kan wees. Met andere woorde, nie net sal die skatte van die nasies na die huis van God gebring word as huldeblyk nie, maar daar sal ook Een wees, die ware skat, wat die huis van God sal vul en wat meer werd is as al die rykdom in die wêreld. Haggai het geweet dis net as die wêreld geskud word dat mense sou sien wat sal bly staan en watter skatte behoue sal bly.

As jou wêreld geskud word, val jy inmekaar of bly jy staan? As die skatte van jou hart jou teleurstel, gaan jou hart staan of hou jy vas aan die skat van alle nasies?

Gebed

Vader, help my om vas te hou aan u onwankelbare koninkryk wanneer my wêreld geskud word. Help my om te onthou dat Jesus Christus die aardbewing aan die kruis ondervind het, sodat ek nie sal wankel nie; en help my om te onthou dat U die skat van al die nasies is en nie sal val soos die skatte van die wêreld nie. In die Naam van Jesus. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.