Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 28: Die Rouproses
Alhoewel Sagaria hierdie woorde gesê het, was dit die Here se woorde. Hoe kon dit wees? Hoe kan God sê: “ ... hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het ... " (Sagaria 12:10)? Kan God gewond word? En nog meer verwarrend, kan God “doodgesteek” word – wat dui op moord? Met ander woorde, kan God sterf?
Jesus Christus het hierdie profesie vervul. Hy was ten volle God en mens. En soos die profesie voorspel het, was Jesus die “enigste kind” en “eersgebore” Seun van die Vader (Johannes 3:16). Hy het aan die kruis gesterf en is deurboor: “Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom” (Johannes 19:34).
Die profesie het egter baie meer gesê. Dit het gesê dat dié wat Hom doodgesteek het, sal treur, omdat God 'n "gees van genade” oor hulle sou uitstort. Met ander woorde, die Heilige Gees sou hulle oë oopmaak om te sien wat hulle gedoen het en hoe gruwelik hulle sonde was. Hierdie rouproses sou wyd verspreid wees, maar ook persoonlik: “Die land sal treur, die mans in elke familie afsonderlik ... ” (vers 12a).
Ten dele is hierdie profesie tydens Pinkster vervul. Petrus sê aan sy toehoorders: “Julle het Hom [Jesus] deur heidene aan die kruis laat spyker ... ” (Handelinge 2:23b). En toe hulle die evangelie hoor was hulle “diep getref” en 3 000 het daardie dag tot bekering gekom (Handelinge 2:37-41). Vandag word hierdie profesie nog steeds vervul. Soos wat die Gees ons genade skenk, betreur ons Christus se dood, want ons weet dat Hy “oor ons oortredinge deurboor is” (Jesaja 53:5a). Alhoewel ons hartseer is, kan ons ook bly wees, want “die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jesaja 53:5b).
Gebed
Here, ons bely dat ons sonde Jesus deurboor het. Daarom treur ons en vra ons dat U u Gees van genade oor ons uitstort. In nederigheid juig ons dat u goedertierenheid nooit teleurstel nie — Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8). In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.