Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 353 VAN 365

God sê jy is vergifnis werd

Wanneer dinge in jou lewe begin skeefloop, gaan jy vanselfsprekend dink: "Nou kry God my voor stok, ek weet dit! Ek het gister (of verlede jaar of twintig jaar gelede) daardie ding gedoen waaroor ek so skaam is en nou gaan ek daarvoor boet."

Is dit regtig hoe God sy kinders behandel? Beslis nie! Volgens Jesaja, hou God nie ons sonde teen ons nie. As ons ons sonde bely, vergewe en vergeet Hy daarvan en sal nooit ons verlede teen ons hou nie.

As jy 'n Christen is, moet jy baie goed aandag skenk aan Efesiërs 1:4-5: "So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees."

Besef jy wanneer God na jou kyk, sien Hy jou deur Jesus Christus? Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy vir al jou sonde betaal sodat jy vergewe en jou sonde vergete is.

Daarom is dit GOEIE NUUS om 'n Christen te word. Ek gee my lewe aan Jesus en Hy neem dit, vergewe my en dan gee Hy my 'n nuwe kans. Hy sê: "Ek kyk nou na jou as foutloos. Jy staan voor My, bedek deur my liefde."

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com