Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 345 VAN 365

Helende keuses: 'n gedeelde lewe

God wil hê dat ons ons lewens met mekaar sal deel. Die Bybel verwys na hierdie gedeelde ervaring as gemeenskap.

Deesdae het die woord meestal sy Bybelse betekenis verloor. Dit verwys eerder na informele geselsies, sosiale byeenkomste, eet en pret.

Die vraag, "Waar hou julle gemeenskap?" beteken eerder "Na watter kerk gaan jy?" "Bly na die tyd agter" beteken gewoonlik: "Wag vir verversings."

Bybelse verbondenheid, of gemeenskap, behels om die lewe saam te beleef. Dit sluit onvoorwaardelike liefde, mededeelsaamheid, praktiese hulpverlening, opofferende vrygewigheid, simpatieke troos en al die ander "mekaar" opdragte in die Nuwe Testament in.

Wat gemeenskap betref, maak grootte beslis saak: kleiner is beter. Jy kan saam met 'n skare aanbid, maar dis moeilik om as 'n skare gemeenskap te hê. Die liggaam van Christus, net soos jou liggaam, is eintlik 'n versameling van 'n magdom klein selle. Die lewe van die liggaam van Christus, is net soos jou liggaam, vervat in die selle.

Daarom behoort elke Christen betrokke te wees in 'n kleingroep in hulle kerk; of dit nou 'n huisgroep, Sondagskoolklas of Bybelstudiegroep is. Dis waar regte, egte gemeenskap plaasvind, en nie in groot byeenkomste nie.

God het 'n wonderlike belofte oor klein groepies gelowiges gemaak: "... want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matteus 18:20).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com