Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 344 VAN 365

Geloof is iets wat ons doen

Geloof is meer as iets wat jy net voel. Baie mense verwar emosies en gevoelens met geloof. Hulle kom kerk toe en is emosioneel ontroer, geïnspireer en gestimuleer. Dit beteken egter nie dat hulle in geloof wandel nie.

Die Bybel sê geloof is iets wat ons doen, nie net wat ons voel nie. Met ander woorde, geloof is nie bloot sentimentaliteit nie. Gestel ek gaan buitentoe en sien iemand wat haweloos en arm is. Ek sien die persoon is honger, koud en het klere en skuiling nodig. Sou ek groot geloof openbaar as ek na hom toe stap en sê: "Hou moed! Moenie bekommerd wees nie, wees gelukkig! Voel goed! Glimlag 'n bietjie!"?

Dit verg nie veel geloof om dit te doen nie. Daar is deernis in geloof. Geloof sê: "Ek sal alles in my vermoë doen om jou seer te stop." Regdeur die Nuwe Testament word getuig hoe Jesus deur mense ontroer is en deernis vir hulle gehad het. Jesus het ons gewys dat geloof prakties is.

As ons 'n behoefte sien, doen ons iets daaraan. Ons sê nie net leë woorde nie — "Wel, ek sal vir jou bid." Die Bybel sê dat ons geloof sigbaar word deur ons dade.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com