Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

'n Tyd vir meditasie
Wanneer jy op God wag, is dit 'n goeie tyd om alleen te sit, stil te wees, oor God te dink, te bid, jou Bybel te lees en te luister. Gebruik die tyd vir meditasie.
Kyk byvoorbeeld na die Ou Testamentiese profeet Habakuk. Hy was keelvol en moeg gewag. Daarom kla hy as volg teenoor God: "Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here moet ek by U kla oor geweld voordat U red?" (Habakuk 1:2). Habakuk het aangehou kla: "Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei. U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie! Waarom doen U dan niks aan die trouelose mense nie, waarom bly U stil wanneer slegte mense dié vernietig wat beter as hulle is?" (Habakuk 1:3,13).
Nadat Habakuk sy saak aan God voorgehou het, het hy in meditasie op die antwoord gewag. "Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt" (Habakuk 2:1).
"Die Here het toe vir my gesê: 'Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd: dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig wag as dit nie gou kom nie: want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie'" (Habakuk 2: 2-3).
God is nooit laat nie. Hy het gesê: "Dit sal op die regte tyd kom. Jy het die regte ding gedoen, Habakuk, deur jou af te sonder, stil te wees en op 'n antwoord te wag."
God wil hê dat jy Hom moet ken. Diep verhoudinge word gebou, nie in die geraas van 'n groot partytjie nie, maar in die stilte van 'n een-tot-een-verhouding — in stiltetyd. Wees dus net stil en wag vir God, sodat jy Hom beter kan leer ken.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More