Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God sê jy word aanvaar
Die meeste van ons probeer ons hele lewe lank om aanvaarding te verdien. Ons wil dit van ons ouers, ons gelyke, lewensmaats, mense wat ons respekteer, miskien selfs mense wat ons beny, hê.
Die begeerte om aanvaar te word, is 'n diep dryfveer wat die soort klere wat jy dra, die soort motor waarmee jy ry, die soort huis wat jy koop, selfs die loopbaan wat jy kies, kan beïnvloed.
Onthou jy dat jy as kind so graag in die "in-groepie" wou wees dat iemand vir jou sou sê: "Ek daag jou uit om dit doen", en hulle sou iets voorstel wat óf dom was, óf wat jou in 'n onveilige situasie geplaas het. Maar jy het dit in elk geval gedoen omdat jou begeerte om aanvaar te word, die begeerte na veiligheid oorheers het.
Ons doen dit omdat ons lief is vir die gevoel van "Ek word aanvaar; iemand aanvaar my." Wanneer jy aanvaar word, doen dit geweldige dinge vir jou selfbeeld. Die waarheid is dat Jesus jou aanvaar en daardie aanvaarding is nie gebaseer op jou prestasie nie. Trouens, jy het moontlik Christus ontvang en Jesus in jou lewe aangeneem, maar besef jy dat jy dit kan doen omdat Jesus jóú aangeneem het? Jy hoef nie sy aanvaarding te verdien nie; jy hoef nie jouself aan Hom te bewys nie.
Ons moet ophou dink: "Ek het 'n God daarbo wat nie maklik tevrede gestel kan word nie en ek moet 'n goeie persoon wees om aanvaar te word." God, deur Jesus Christus, het jou reeds aanvaar. En dit is die goeie nuus!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More