Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

'n Tyd van samewerking
Ons ken almal Job se verhaal. Hy het binne twee dae al sy rykdom verloor. Sy beeste, skape en alles is deur vyandige nasies gesteel en weggevoer. Al sy dienaars is doodgemaak. Al sy kinders is vermoor — en hy het 'n ongeneeslike, pynlike siekte ontwikkel.
Hy het waarlik rede gehad om aan God te twyfel, want hy het alles verloor. Tog is Job se reaksie: "Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom" (Job 13:15 AFR53).
Wat is daar in jou lewe waarvoor jy nie langer op God wil hoop nie, maar eerder wil tou opgooi? Al het Job alles verloor, sê hy tog: "Ongeag wat ook al gebeur, ek gaan nie moed verloor nie. Ek sal steeds op God bly hoop." Wanneer omstandighede dus hopeloos lyk, selfs wanneer jy moet wag, moet jy bly hoop.
God se vertragings is nie noodwendig God se weiering nie. Ons moet leer dat daar 'n groot verskil tussen "nee" en "nie nou nie" is. Vertragings sal nooit God se doel vir jou lewe vernietig nie. Al kom dit soms so voor, is God nooit laat nie. Ons moet net Job se houding inneem. Ek gaan vasbyt en met verwagting bid, ongeag wat gebeur.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More