Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 243 VAN 365

God waak oor jou

Selfs te midde van jou pyn, gewoontes en vooroordele, waak God oor jou.

"U goedheid sal my sekerlik nastreef." Koning Dawid sê nie: "Sekerlik, sal net goeie dinge met my gebeur nie!" Hy het soos almal geweet dat slegte dinge met goeie mense gebeur.

Dawid se punt is dat slegs God se goedheid hom sal volg, of hom sal nastreef. Maak nie saak hoe erg of sleg of moeilik iets lyk nie, God sal dit ten goede laat uitwerk.

Dit is een van God se groot beloftes wat Hy aan gelowiges gegee het: ons weet dat alles wat met ons gebeur, tot ons beswil werk as ons God liefhet en volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28). As jy 'n gelowige is, sê die Bybel dat alles ten goede meewerk — nie dat alles goed is nie — maar dat dit ten goede meewerk.

Daar is geen moeilikheid, dilemma, nederlaag of ramp in die lewe van 'n gelowige wat God nie uiteindelik na sy doel kan draai nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com