Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Laat God op sy manier antwoord
Ons het 'n tweeledige probleem met God. Ons vra te min en ons wil dit te vinnig hê. In plaas daarvan om God op sy tyd te laat werk en op sy manier om iets groots te doen, word ons ongeduldig vir 'n antwoord, en mik ons te laag na 'n antwoord.
In Efesiërs 3:20 sê die apostel Paulus: "Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink." Jy dink aan die grootste ding in jou verbeelding, en God kan groter doen. Dis ongelooflik!
Daar is 'n waarskuwing met hierdie benadering tot gebed. As God jou werklik al die versoeke gegee het waarvoor jy gevra het, sou dit jou oorweldig. Soortgelyk het God nie, toe Hy die Israeliete die beloofde land ingelei het, hulle dit dadelik heeltemal laat oorneem nie; hulle het dit stukkie vir stukkie oorgeneem — een vyand op 'n slag.
Ek is dankbaar dat God nie al my gebede presies beantwoord het soos ek dit gevra het nie. Sommige van hulle sou 'n ramp gewees het! Soms is die ergste ding in die wêreld vir ons om ons versoeke beantwoord te kry.
Wat van jou? Miskien bid jy oor 'n situasie. Dit lyk asof alles volgens plan verloop en dan — ewe skielik — werk dit nie uit nie. Moenie bekommerd wees nie; laat God op sy tyd en manier antwoord.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More