Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 241 VAN 365

Wag op God se verheerliking

Het jy al ooit na God gegaan met 'n dringende gebed — net om te sien dat God niks doen nie? Jy is nie alleen nie. Ons lees in die Bybel dat Marta en Maria op 'n dag vir Jesus laat roep het om hulle baie siek broer te kom genees. Hulle het 'n dringende boodskap gestuur waarin hulle Jesus gevra het om onmiddellik te kom.

Ons bid dikwels so: "Vader, U moet nou iets doen! Dit is dringend!" Maar daar gebeur niks nie.

"Jesus het vir Marta en haar susters en Lasarus liefgehad. Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was" (Johannes 11:5-6). Jesus het met opset sy besoek uitgestel en dit het dus gelyk asof Hy nie omgee nie.

Drie dae na die versoek het Jesus na sy dissipels gedraai en gesê: "Kom ons gaan." Lasarus was reeds dood toe hulle daar aangekom het. Maria en Marta het uitgehardloop gekom en albei het presies dieselfde gesê: "Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie" (Johannes 11:21, 32).

Jesus het rustig na hulle gekyk en gesê: "Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?" Hy het na die graf geloop en hulle het die klip weggerol en Jesus het gesê: "'Lasarus, kom uit!' Die oorledene het uitgekom" (Johannes 11: 40, 43b).

Jesus het gewag totdat die situasie menslik onmoontlik was en toe het Hy die wonderwerk verrig.

Wil jy 'n antwoord van God hê? Dan moet jy bereid wees dat God dit op sy eie tyd gee.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com