Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 242 VAN 365

God verhoor ons gebede tot sy verheerliking

Ek dink die grootste voorbeeld hiervan kan in die lewe van Paulus gesien word. In die boek Romeine begin Paulus sy brief met hierdie gebed: "Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof. God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie. Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk. Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne. Broers, ek wil hê julle moet weet dat, hoewel ek tot nog toe verhinder is, ek my dikwels voorgeneem het om julle te besoek om ook by julle, net soos by die ander heidennasies, mense vir Christus te wen. Ek staan onder 'n verpligting teenoor Grieke en nie-Grieke, teenoor ontwikkeldes en ongeleerdes, en vandaar my begeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig" (Romeine 1: 8-15).

Paulus se droom was om in Rome te preek. Nadat hy dit genoem het, skryf hy: "Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie" (Romeine 1:10). Het God Paulus se gebed verhoor? Ja, maar nie soos Paulus verwag het nie.

Paulus is gearresteer en het deur die Romeinse regstelsel gegaan en as gevangene in Rome beland. Dit was nie presies hoe hy dit beplan het nie.

Tog wou Paulus graag na Rome gaan. Hy was gewillig dat God dit op sy manier laat gebeur. Paulus het egter waarskynlik nooit gedink dat God sy gebed op hierdie manier sou verhoor nie.

Wat het Paulus in Rome gedoen? Hy het 'n klomp briewe aan verskillende Christene regoor die gebied van die Middellandse See geskryf. Ons het die Nuwe Testament ontvang omdat Paulus God toegelaat het om sy gebed op God se eie manier en tot verwesenliking van sy eie doel te beantwoord.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com