Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Help die hulpeloses
Die Bybel sê, wanneer jy diegene help wat behoeftig en arm is, is dit dieselfde as om vir God geld te leen. God sê: "Ek kyk of jy 'n seën vir ander mense is. As jy is, dan sal Ek jou seën."
Psalm 41 sê: "Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood, die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan. U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie" (Psalm 41:2-3).
As jy God se seën oor jou lewe wil hê, begin om minderbevoorregtes op te soek en te help. God sê, as jy dit doen, sal Hy sy seëninge oor jou uitstort.
'n Beginsel wat ek lank gelede geleer het, is: Hoe meer ek minderbevoorregtes help, hoe meer seën God my lewe. In "Saddleback Church" het ons hierdie beginsel 'n paar jaar gelede begin uitleef toe ons besluit het om vir elke hawelose persoon in Orange County, vir 40 dae lank, drie maaltye per dag te gee.
Vandag wil ek jou uitdaag — hier kan jy tot aksie oorgaan — skenk 'n sak kruideniersware aan 'n sopkombuis. As jy kan, doen dit weekliks vir die volgende ses weke. Jou vrygewigheid gaan die mense in nood seën en God gaan jou daarvoor seën.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More