Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Bestudeer die Woord van God en doen wat dit sê
Wat beteken dit om te peins? Dit beteken nie om jou gedagtes in neutraal te sit nie. Dis nie wat bepeinsing is nie. Bepeinsing is om ernstig oor iets na te dink.
Ons Skrifgedeelte vandag sê die volgende van iemand wat peins: "maar [die persoon] wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak" (Psalm 1: 2-3).
Ek wil hê dit moet in jou lewe waar wees. Ek wil hê dat alles wat jy aanpak voorspoedig sal verloop, maar die Bybel sê hierdie belofte is afhanklik van jou toewyding om sy Woord te bestudeer.
Vandag se aksiepunt is: Ek wil hê jy moet by 'n Bybelstudiegroep aansluit. As jy reeds het, welgedaan! Hou so aan! As jy nog nie het nie wil ek jou aanmoedig om 'n Bybelstudiegroep te soek en betrokke te raak. Jy sal verbaas wees hoe die bestudering van die Woord van God in 'n Bybelstudiegroep jou lewe sal seën.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More
Verwante Leesplanne

Herskep

Noodsaaklikhede vir die Lewe

God Se Droom Vir Jou Lewe

Follow, Fellowship, Fish

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ons wag op 'n redder

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
