Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Neem God se karakter aan
Mense gebruik dikwels die gesegde: "Die appel val nie ver van die boom af nie" om na familietrekke te verwys. Dit maak my gelukkig wanneer mense die ooreenkomste tussen my en my kinders raaksien. Net so, wil God ook hê dat sy kinders sy beeld moet uitdra. Die Bybel sê: "... lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig" (Efesiërs 4:24).
Laat ek dit duidelik stel: jy sal nooit God wees nie, nie eens 'n god nie. Daardie leuen is die Satan se oudste versoeking. Die Satan het vir Adam en Eva belowe dat indien hulle sy raad volg, hulle "soos God" kan wees (Genesis 3:5).
Ander gelowe en "New Age"-filosofieë bevorder die idee dat ons goddelik is of gode kan word. Die behoefte om 'n god te wees kom elke keer na vore wanneer ons probeer om ons omstandighede, toekoms en die mense om ons te beheer.
God wil nie hê jy moet 'n god word nie, Hy wil hê jy moet goddelik word deur sy waardes, houding en karakter aan te neem. "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word" (Efesiërs 4:22).
God se uiteindelike doel vir jou lewe is nie dat jy hier op aarde gemaklik moet lewe nie, maar dat jou karakter ontwikkel. Hy wil hê jy moet geestelik groei en meer soos Christus word.
Om soos Christus te word beteken nie dat jy jou persoonlikheid verloor en net 'n verstandelose kloon word nie. God het jou uniek geskape, dus gaan Hy beslis nie jou oorspronklikheid vernietig nie.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More