Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Hoe om geseënd te wees
"God seën jou." Dis 'n frase wat jy gereeld hoor. Wat beteken dit egter? Dis so vaag en algemeen dat baie mense nie eintlik weet wat dit beteken om deur God geseën te word nie.
Om geseën te word is 'n oppermagtige daad van God. Hy neem iemand of iets wat alledaags is en laat iets wat normaalweg onmoontlik is, op bonatuurlike wyse gebeur om aan jou behoeftes te voldoen.
Dit is waarvoor jy bid wanneer jy God vra om jou familie te seën. Jy sê: "Vader, ek wil vra dat U my gesin op elke terrein sal seën en in elke gesinslid se behoeftes sal voorsien."
Ek wil hê dat jy hierdie jaar en dekade deur God geseën word. Begin kyk na hierdie tydperk as jou dekade van geestelike groei. Om die seëninge wat God vir jou wil gee, te ontvang moet jy die volgende twee goed doen: jy moet daarvoor vra en by God se reëls hou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More