Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 18 VAN 365

Ontmoet God elke dag

God belowe dat Hy jou sal seën as jy Hom elke dag ontmoet. Ons noem dit "stiltetyd." Dit maak nie saak of dit vyf of tien minute of selfs 'n halfuur is nie. Dit maak ook nie saak hoe laat jy dit doen nie, solank dit op 'n tyd is wat jy op jou beste is.

Jy moet elke dag 'n afspraak met God maak waar jy sê: "Vader, ek kom net inloer. Is daar iets wat U vandag in my lewe wil doen of vir my wil sê?" Sit en wees stil. Lees die Bybel, deel met God wat jou pla, raak van al jou laste ontslae en luister na God se antwoord.

Die Bybel sê: "Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen" (Jakobus 1:25).

God sê as jy dit doen, sal Hy jou lewe seën. "Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil" (Psalm 31:20).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com