Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Waarvoor jy bestem is: word soos Jesus
Terwyl jy na jou tydperk van geestelike groei kyk, is dit belangrik om te onthou dat God se plan vir jou van die begin af was om meer soos sy Seun, Jesus, te word. Dit is waarvoor jy bestem is. God het met die begin van die skepping reeds aangekondig: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip” (Genesis 1:26).
In die hele skeppingswerk, is net die mens volgens "sy beeld" geskape. Dit is 'n groot voorreg en gee aan ons waardigheid. Ons weet nie wat alles deur hierdie frase gedek word nie, maar ons weet dit sluit die volgende in:
Ons is geestelike wesens — ons gees is onsterflik en sal ons aardse liggame oorleef. Ons is intellektueel — ons kan dink, redeneer en probleme oplos. Ons vorm verhoudings — ons kan ware liefde gee en ontvang. Ons het morele waardes — ons kan tussen reg en verkeerd onderskei, wat ons aan God aanspreeklik maak.
Sonde het ons beeld egter onvolledig en verwronge gemaak. Dis waarom God vir Jesus aarde toe gestuur het, om ons beeld weer volledig te kom maak en te herstel wat ons verloor het. Hoe lyk die volledige "ewebeeld" van God? Dit lyk soos Jesus Christus! Die Bybel sê Jesus is die presiese "beeld van God", "Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie" en "Hy is die ewebeeld van die wese van God" (2 Korintiërs 4:4; Kolossense 1:15; Hebreërs 1:3).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More