Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Toon geloof met jou doelwitte
Om jou lotsbestemming te bereik moet jy 'n geloofsverbintenis maak. Dis nie genoeg om net oor jou roeping te praat en 'n paar doelwitte te stel nie. Jy moet besluit om tot die daad oor te gaan, om te sê: "Kom ons laat dinge gebeur."
Ester het geweet dis 'n risiko om na die koning te gaan omdat dit tot haar dood kan lei. Sy was bang om te gaan, maar sy het geweet dit is die regte ding om te doen. Sy het gesê: "As ek moet omkom, moet ek omkom." Dit is 'n geloofsverbintenis.
Totdat jy weet waarvoor jy gewillig is om te sterf, is jy nie gereed om te lewe nie. Dan bestaan jy net.
Wanneer jy egter verstaan waarvoor jy bestem is en weet waarvoor God jou geroep het, dan is jy gewillig om dit uit te voer. Jy is gewillig om alles op te offer.
Om te weet waarvoor God jou geroep het en om die geloofsverbintenis te maak, beteken ook om doelwitte te stel. Die beste manier om dit te verduidelik is: Jy kan net bestuur wat jy kan meet.
Dit is 'n belangrike lewensbeginsel. As jy nie meetbare doelwitte het nie, is jou doel net 'n lugkasteel. Jy gaan nie verbeter nie, jy gaan nie anders wees as wat jy vandag is nie.
Maak baie seker dat jy jou doelwitte in geloof stel. Hoekom? Want Jesus het gesê: “Wat julle glo, sal gebeur" (Matteus 9:29).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More