Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 13 VAN 365

Gawes gegee vir hierdie spesifieke tyd

God sal jou nie sonder 'n roeping werf nie. God se roeping aan almal is om hulle gawes en passie uit te leef, maar nie almal reageer op hul roeping nie.

Die enigste manier hoe jy gaan hoor, is om te luister. Jy moet stil wees, alleen wees en tyd met God deurbring.

Toe Mordegai vir Ester laat weet dat die Jode uitgewis gaan word, sê hy eintlik vir haar: "Moenie dink dat jy hierdie ontstellende wending kan ignoreer nie. Ja, ek weet dit is moeilik, maar dis jou lotsbestemming. God het jou hier geplaas. Dit is nie toevallig dat jy, 'n Joodse meisie, nou die koningin van Persië is nie."

Dit is belangrik om Ester se antwoord aan Mordegai te lees in Ester 4:16: "Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”

Ester weet as sy voor die koning te staan kom, kan dit vir haar die dood beteken. Sy sal haar talente van skoonheid, intelligensie en persoonlikheid moet gebruik om hom te oorreed. Voordat sy hom gaan sien, staan sy egter eers drie dae af om te vas en te bid.

Volg Ester se voorbeeld wanneer jy God se roeping vir jou lewe wil soek. Kry eers al die ondersteuning wat jy bymekaar kan maak. Daarna moet jy genoegsame tyd alleen saam met God deurbring. Ek wil jou aanmoedig om 'n plek van afsondering te skeduleer. Of dit oornag, 'n naweek of langer is, jy gaan nie God se roeping hoor as jy nie tyd afstaan om alleen met Hom te wees nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com