Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 7 VAN 25


"Sar Shalom" (Vredevors)



God het deur die profeet Jesaja bekendgemaak dat 'n kind gebore sou word wat as Vredevors bekend sou staan. In Hebreërs verwys die woord "Prins" ("sar") na 'n leier of 'n kaptein, en die woord vir "vrede" ("shalom") na "volmaaktheid". Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy gekom om 'n gebroke wêreld na 'n plek te lei waar hulle heelgemaak kon word. Hy het gekom om ons met God te versoen en die verhouding te herstel wat deur sonde verbreek is. Jesus het gekom om ons, te midde van bekommernisse, gerus te stel en ons te help om die regte besluite te neem. Die vrede wat Jesus met Kersfees vir die wêreld gebring het, stel ons gerus in die wete dat ons in Hom kan rus, ongeag die chaos wat om ons heers.



Wat jy ook al hierdie feesseisoen moet deurmaak — siekte, 'n gebroke verhouding, depressie of eensaamheid — laat toe dat Jesus se vrede jou vertroos net daar waar jy is. Jy hoef nie eers hande in die hare te sit voordat jy rus kan ervaar nie. Jesus wil jou gees stilmaak met sy liefde en jou vertroue in Hom herstel. Jy kan saam met Hom deur hierdie storms gaan.



Gebed: Dankie Jesus, dat U gekom het om vir my vrede te bring. Ek besef vandag dat ek rus in U kan vind, ongeag waardeur ek gaan. Wanneer vrees en swaarmoedigheid my vrede bedreig, help my om rus by U te vind. Lei my gees tot volkome herstel wat in U beskikbaar is.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid