Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 11 VAN 25

Wat Is Anderkant Jou "Ja"?



Maria laat dit so maklik lyk. Die engel Gabriël sê vir haar dat sy geboorte gaan skenk aan die Seun van God, en sy reageer met 'n onmiddellike oorgawe aan haar rol in God se plan. Wat het Maria gedink? Sy het geen versekering gehad dat alles goed gaan uitwerk nie. As 'n maagd, wat verloof was, op die punt om te trou, het sy heel moontlik geweet hoe moeilik dit sou wees om geboorte te gee en Jesus groot te maak. Die enigste versekering wat sy gehad het, was God se woord, en dit was vir haar genoeg om "ja" te sê.



In 1 Petrus 1 sê die apostel dat die egtheid van ons geloof na vore kom te midde van die moeilike omstandighede wat ons in die gesig staar. God vra dikwels dat ons Hom sal vertrou in die moeilike, ongemaklike en skynbaar onmoontlike tye. Hoe dikwels reageer ons egter soos Maria? Wanneer ons God bevraagteken, staan dit in die pad van wat Hy begeer om in en deur ons te doen. Ons mag dalk begeer om gelouter te word, maar is ons bereid om vir God "ja" te sê en deur die vuur te loop?



Maria kon onmoontlik verstaan wat alles anderkant haar antwoord aan God gewag het, maar sy het Hom vertrou. As gevolg daarvan, het God vir Jesus, deur Maria, na die wêreld toe gebring en vir ons vergifnis aangebied vir ons sonde, en ons gebroke verhouding met Hom herstel.



Dink hierdie Kerstyd na oor Maria se reaksie op God se plan met Jesus se geboorte. Watter uitdagings het God op jou hart geplaas? Of dit nou is om 'n gebroke verhouding te herstel, of om in geloof voort te gaan met die doel wat Hy vir jou lewe het, wees gerus en weet dat God aan die anderkant van jou "ja" is en dat daar 'n uitkoms wag wat jy jouself nie kan indink nie.



Gebed: Vader, ek vertrou dat u wil volmaak is. Ek bid dat U u begeertes in my hart sal plaas en my drome in pas bring met u s'n. Dankie vir die voorbeeld wat U aan my deur Maria gee. Gee my asseblief die wysheid, moed en geloof wat ek nodig het om "ja" te sê vir u plan vir my lewe.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid