Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 10 VAN 25

Die God van die Onmoontlike



In Lukas 1:34, nadat die engel vir Maria vertel het dat sy met Jesus swanger gaan raak, vra sy hom: "Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?" Maria het gedoen wat ons dikwels doen wanneer ons nie kan sien hoe dinge gaan uitwerk nie. Sy het die onmoontlike bevraagteken.



Die engel het geantwoord: "Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie." 



Selfs in 'n mooi feestyd soos Kersfees, kan dit moeilik wees om te sien hoe God in ons onmoontlike omstandighede werk. Laat hierdie twee wonderwerk-swangerskappe jou vandag herinner aan God se krag. Dink na oor Jesus, en Elisabet se seun Johannes die Doper, en hoe hierdie geboortes die geskiedenis verander het. God kan onmeetbaar meer in jou onmoontlike omstandighede doen, as wat jy ooit kan dink. Gee jou omstandighede vir Hom en vertrou dat Hy getrou sal wees. Wees vandag bemoedig: God faal nooit nie!



Gebed: Vader, U is goed! Ek prys U vir u krag — niks kan teen U standhou nie! Dankie dat U 'n plan vir my lewe het, dat U u Seun om my onthalwe gestuur het en dat U my die krag gee om situasies wat onmoontlik lyk, in die gesig te staar. Wanneer ek dus op u krag staatmaak, en nie my eie nie, help my om Kersfees as 'n kragtige voorbeeld te sien van die feit dat vir U niks onmoontlik is nie!


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid