Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 13 VAN 25


Heg die Meeste Waarde aan God se Mening



Nadat God sy plan aan die maagd Maria bekend gemaak het dat sy die moeder van Jesus sou wees, het sy met 'n lieflike lofsang gereageer. Sy het God verheerlik vir sy bereidheid om iemand so nederig te gebruik om sy groot doel te bereik, en sy het Hom geprys vir sy genade, getrouheid en mag om hierdie belofte van 'n Verlosser te vervul.



Een van die kragtigste verklarings van Maria in haar loflied was: "... van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het." Dit was 'n kragtige verklaring van vertroue in God, want die taak wat haar opgedra is sou waarskynlik oordeel en skande bring aan byna almal wat sy geken het. Wie sou glo dat Maria 'n maagd was? Haar eie verloofde het dan die versekering van 'n engel nodig gehad om haar verhaal te glo. Tweeduisend jaar later bevraagteken baie mense nog steeds haar aanspraak op maagdelikheid.



Ten spyte van hierdie wete het Maria nogtans bly fokus op die seën om deur God vir so 'n belangrike taak gekies te word. Sy het geweet dat dié wat in haar Seun sou glo, haar sou eer en God se woord oor haar integriteit sou vertrou. Sy het nie bly dink aan die probleme wat dit in die gemeenskap of in haar familie sou veroorsaak nie. Dit was nie nodig dat sy haarself moes verdedig nie. Maria het gekies om God te vertrou eerder as om sy roeping te weerstaan, selfs al sou sy haar lewe lank misverstaan word. Wat God jou ook al gevra het om te doen, moenie toelaat dat enige potensiële vervolging of oordeel jou daarvan weerhou om gehoorsaam te wees nie. Ons word nie vir gemak, aanvaarding of begrip geroep nie. Ons is geroep om 'n verskil te maak!



Gebed: Vader, dankie dat U iemand so nederig soos ek gekies het om tot u verheerliking gebruik te word. Ek verbind my vandag om te doen wat U wil hê ek moet doen, selfs al is dit moeilik. Selfs al verstaan die mense om my dit nie. Wat U dink is die belangrikste vir my. Ek weet dat u planne enige teenkanting werd is.


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid