Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 17 VAN 25



Wees Getrou In Die Klein Dingetjies



God hou daarvan om anders op te tree as die wêreld se beskouing. Hy eer mense nie vir dieselfde rede as wat die wêreld hulle eer nie. Hy heg eerder waarde aan getrouheid as aan roem; en nederigheid eerder as mag. Die nag van sy grootste wonderwerk het Hy 'n engel gestuur om die nuus aan eenvoudige skaapwagters oor te dra, in plaas daarvan om dit eers aan konings en wêreldleiers bekend te maak. Lukas 2:8 vertel vir ons dat die skaapwagters "in die oop veld gebly en in die nag oor hul skape wag gehou het." Dit is die moeite werd om kennis te neem dat hierdie manne getroue werkers was wat by hulle skape gebly en mooi na die dinge gekyk het wat aan hulle toevertrou is. Die skaapwagters was van 'n lae sosiale status, maar hulle was getroue mense en God het hulle gekies om die eerste te wees om die wonderlikste nuus in die geskiedenis te hoor. Hulle was eerste in die ry om die Seun van God persoonlik te ontmoet!



As jy vandag onbelangrik of minderwaardig voel, moenie ophou om te doen wat God jou gegee het om te doen nie. Moenie moedeloos word nie. God soek mense wat getrou sal wees in die bietjie wat Hy aan hulle toevertrou het, sodat Hy vir hulle meer kan gee. Watter opdrag jy ook al vandag gekry het, doen dit van harte. God sien jou ywer en beloon die mense wat hulle taak getrou voltooi.



Gebed: Dankie Vader, dat U waarde heg aan dit wat die wêreld nie ag nie. Dit maak nie saak wat U vir my gee om te doen nie, ek sal my ten volle daaraan toewy. Help my om nie toe te laat dat die wêreld se standaarde my moedeloos maak nie. Help my eerder om te onthou dat U die nederige, hardwerkende skaapwagters gekies het om eerste van die wonder van Kersfees te hoor. Dankie dat U my kies om u goeie nuus te versprei, net soos die skaapwagters. By voorbaat dankie dat U vir my meer gee omdat ek getrou is in dit wat U aan my toevertrou het.


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid