Leesplan inligting

Reis LigVoorbeeld

Travel Light

DAG 1 VAN 7

Raak ontslae van … Alles



Het jy al ooit op 'n staptog gegaan? Dis baie pret en jy sien asemrowende tonele en plekke. As jy vir die eerste keer gaan, besef jy gou dat jy alles moet dra wat jy wil saamvat. Vir kilometers. Gewoonlik opdraand. Die meeste stappers weet jy kan nie alles saamvat wat jy wil nie. Ervare stappers weet dat jy nie eens alles kan saamneem wat jy dink jy nodig gaan kry nie. 



Elke gram maak saak.



Dis nie baie anders wat die lewe betref nie, né? Te dikwels dra ek wat God nie bedoel het ek moet dra nie. Ek weet van beter as om te dink dat God wil hê dat ek gebrokenheid, finansiële druk, spyt oor slegte besluite, doelwitte wat ek nie bereik nie en enigiets anders wat ek vandag probeer optel het, moet saamdra. 



God vra uitdruklik dat ons ons bagasie vir Hom gee (1 Petrus 5:7) en alles moet los wat ons pla (Hebreërs 12:1). Dis nogal verbasend om te dink dat God regtig wil hê dat ons alles wat ons pla moet laat vaar. Hoekom wil God hê dat ons lig moet reis? Hoekom wil Hy ons vrese, skande, verslawings, verwyte en behoefte om in beheer te wees, wegneem? 



Wanneer jy jou rugsak pak vir 'n staptog, maak elke ding wat jy uitlos, plek vir iets anders. God wil meer spasie in jou lewe hê vir Homself.



Dis 'n wonderlike uitruiling as jy daaroor dink; ons gee ons laste vir God en Hy gee Homself vir ons. Duisternis vir lig. Spanning vir vrede. Woede vir vreugde. Spyt vir vryheid. Eienaardig genoeg, hoe meer ons van Hom begin dra, hoe ligter word ons las. 



Watter dinge, wat jy op jou reis opgetel het, word vir jou te swaar? Jy hoef dit nie meer te dra nie. Jy kan dit inruil vir meer van God. Wat wil jy dra wat nie vir jou bedoel is nie? Hoe kan jy God daarmee vertrou? Wat is dit wat jy dink jy nodig het, waarvoor jy nie die krag het om te dra nie? Hoe kan jy vir God en ander mense toelaat om jou te help om die gewig te dra? 



Matt, gerehabiliteerde oorgewig rugsakdraer



Bid: God, ek aanvaar u aanbod. Ek sal U begin vertrou met (noem jou laste). Dankie dat U my dra en onderhou. Amen. 



Luister na boodskappe en kry hulpbronne hieroor


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Travel Light

In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdi...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid