Leesplan inligting

Reis LigVoorbeeld

Travel Light

DAG 4 VAN 7

Laat Goeters Vaar



Daar was 'n tyd toe ek te veel van goeters gehou het, veral klere. Hope winskopies, klere en skoene, in afwagting vir 'n volgende kopie, 'n begeerte om klere te koop wat ander mense dra. Ek het begin besef dat al hierdie goeters in my pad gestaan het om God daagliks te aanbid. 



Romeine 12:1 in Die Boodskap-vertaling lees só: "Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees."



Ek het dus 'n eksperiment gedoen: Ek het vir 'n jaar lank ophou klere en skoene koop! 



Jesus praat dikwels met ons oor hoe ons goed hanteer. In Lukas 12 was Hy baie direk daaroor.



"Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mense se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie" Lukas 12:15. 



Ek het baie gedurende daardie jaar geleer. Ek het besef dat goeters nie 'n las net vir my alleen was nie. Om vir die internasionale bediening, Tearfund, te werk, het my laat besef hoe die industriële produksie van my goeters, veral die winskopies, 'n las vir my wêreldwye bure was. Ek het ook uitgevind hoe daardie broers en susters hard werk vir min geld. My oorvloed het buite balans gelyk.



Soos wat my begeerte na goeters gekwyn het, het my begeerte na God vermeerder. Ek het gedog ek sou baie moes prysgee, maar het soveel meer van God gekry. Nie die oorvloed wat jy opgaar nie, maar die soort wat jou vrymaak. 



Kan ek jou aanmoedig met my weergawe van die apostel Paulus se woorde? Ten spyte van sosiale druk om nog meer te verbruik — is dit vir vryheid wat Jesus ons vrygemaak het. Staan vas, en moenie jouself weer onder 'n hoop goeters laat vasval nie. 



Ek koop deesdae weer klere, maar binne perke. Ek is meer dankbaar. Ek het groter waardering vir prag en kwaliteit. Ek vermors minder en deur my koopkeuses probeer ek om waarde te heg aan die persoon wat my klere gemaak het. My kas is leër, maar my lewe is voller. Die beste van alles is die ruimte wat ek het om my Skepper te kan aanbid. 



Sarah, vrygemaak van goeters



Bid: God, is daar enige maniere waarop ek toegelaat het dat goeters my daarvan weerhou het om U en my naaste lief te hê? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Travel Light

In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdi...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid