Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 84 VAN 280

NEDERIG GEHOU DEUR ONS STERKPUNTE

Selfs by die laaste paasmaaltyd het Jesus se dissipels met mekaar gewedywer vir 'n posisie in die komende koninkryk. As gevolg van hulle begeerte na mag en posisie, kon hulle nie die ware bron van grootheid raaksien nie.

Godgegewe sterkpunte kan ons grootste swakheid word as ons eerder op hulle staatmaak as op die Here. Ons harte kan ons mislei en aanmoedig om op ons eie vermoëns staat te maak (Jeremia 17:9). Hier is 'n paar voorbeelde: Abraham se sterkpunt was sy geloof, maar in Egipte het hy oor Sarai gelieg (Genesis 12:10-13:4). Moses se sterkpunt was sy sagmoedigheid (Numuri 12:3), maar hy het sy humeur in die wildernis verloor en dwaas opgetree en as gevolg daarvan kon hy nie die beloofde land binnegaan nie (Numeri 20). Petrus het gespog dat hy die Here nooit sou verlaat nie, maar hy het Hom drie keer verloën (Lukas 22:54-62).

Hierdie mislukkings herinner ons daaraan dat ons ware krag in afhanklikheid van God lê. Soek jy gereeld God se wysheid in gebed as jy, as ouer, besluite moet maak? Wanneer jy jou eie ouerskapsvaardighede vertrou, moet jy seker maak dat jy op God se krag staatmaak en nie jou eie nie.

"Daarom — as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie" (1 Korintiërs 10:12 NLV).

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com