Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 86 VAN 280

VERGIFNIS EN NAGEVOLGE

Dit is baie belangrik om vergifnis en nagevolge van mekaar te skei. In hierdie verhaal bely Dawid sy egbreuk met Batseba en die moord van haar man Urija. God vergewe Dawid se sonde, maar Hy verlos hom nie van die swaar nagevolg, die dood van sy seun, nie. Besef jy dat dit God moes bedroef het om hierdie gevolg aan 'n gebroke man te lewer? Hy het egter geweet dat dit deel van die les was.

Selfs al vergewe ons ons kind vir sy ongehoorsaamheid, is 'n nagevolg nog steeds nodig. Dit kan baie moeilik wees om die straf toe te pas, veral nadat jou kind opreg om verskoning gevra het, maar dit is nodig, sodat hulle kan leer dat hulle lewe deur hulle keuses geaffekteer word.

Vergifnis en konstante nagevolge van verkeerde dade is die toonbeeld van 'n ouer se liefde.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com