Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

LEEF SOOS 'N VREEMDELING
Wanneer ons op reis gaan, maak ons seker dat ons nie ooglopend soos toeriste lyk nie, maar kort voor lank sal iemand tog vra waar ons vandaan kom. Ons manier van praat, aantrek en dinge doen, is leidrade wat ons met ons tuiste identifiseer.
Vandag se Skrifgedeelte herinner ons as Christene daaraan dat ons tuiste nie hier op aarde is nie. Christus roep ons om so op te tree dat ons ons hemelse burgerskap reflekteer, maar soms smelt ons so saam met ons samelewing dat ander ons nie as Christene herken nie.
Christene se gewoontes en waardes behoort merkbaar anders te wees as die wêreld s'n. Dit moet in ons woorde, dade en ouerskap gereflekteer word. Soms voel ons soos buitelanders. Mense mag ons dalk skeef aankyk as ons "nee" sê vir onvanpaste flieks of uitlokkende kleredrag. Dalk is daar tog iemand wat in jou gesin se "ongewone" gewoontes geïnteresseerd is.
Behoort jou gesin se leefstyl nie jul hemelse burgerskap te reflekteer nie?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com