Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 85 VAN 280

OM ONS VRYHEID TE BEPERK

Baie mense dink dat 'n "goeie" Christen volgens baie reëls leef. Die teenoorgestelde is egter waar. 'n Sterk gelowige het nie baie reëls nodig nie. Hy het net 'n paar Bybelse beginsels nodig wat hy in enige situasie kan toepas. Dit is eintlik die swakker Christen wat meer reëls nodig het, want hy het nie die wysheid en onderskeidingsvermoë wat nodig is om Goddelike beginsels in moeilike situasies toe te pas nie.

'n Sterk Christen daarenteen, sal 'n bietjie vryheid opgee en strenger reëls volg, sodat 'n swakker Christen nie sy dade verkeerd kan interpreteer nie. Ouers moet ook dikwels oorweeg om party dinge nie te doen nie, omdat dit struikelblokke vir hulle kinders kan veroorsaak. Vandag se Skrifgedeelte behoort ons keuses oor alkohol, flieks en grappe te beïnvloed. Al kan ons 'n balans handhaaf, weet ons nie of ons kinders kwesbaar gaan wees vir versoekings nie. Ons behoort sommige van ons voorregte prys te gee totdat ons kinders volwasse genoeg is om te weet wanneer, waar en hoekom hulle van sekere goed af moet wegbly.

Ouers wat 'n goeie voorbeeld vir hulle kinders wil stel, is genoodsaak om sekere dinge prys te gee, totdat hulle kinders verstandig genoeg is om dieselfde diskresie uit te oefen.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com