Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 89 VAN 280

HOEKOM MOET ONS BID?

Gebed is die belangrikste hulpmiddel wat 'n ouer kan gebruik. As jy kwaad, gefrustreerd, gespanne, verward of onseker is, behoort jy eers te bid voor jy enigiets anders doen. Het jy al ooit gewonder hoekom? As God weet wat ons nodig het, hoekom gee Hy dit nie net vir ons nie?

Een rede vir gebed is dat dit 'n opdrag van God is: "julle kry nie die dinge wat julle wil hê nie, omdat julle dit nie vir God vra nie" (Jakobus 4:2 ABA). Tweedens is dit 'n unieke geleentheid om die lewe se probleme met die outeur van die lewe te bespreek. Gebed herinner ons daaraan dat God in beheer is en dat Hy ons help om ons rol as ouers in die regte perspektief te stel. Wanneer ons bid dat ons wil met Syne sal ooreenstem, kan Hy in ons harte werk sodat ons beter kan verstaan wat sy wil is. Gebed is nie 'n teologiese oefening nie; dit is 'n geleentheid om direk met ons hemelse Vader te praat. Wat 'n voorreg en seën is dit nie!

Maak gebruik van die geleentheid om in gebed met jou Vader te gesels.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com