Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 87 VAN 280

DIE KRAG OM NAGEVOLGE TE VERDUUR

As hulle verhouding met jou op 'n goeie voet is, kan kinders streng nagevolge verduur. Dit is belangrik om dit in gedagte te hou, veral as jy klein kindertjies dissiplineer. Die grootste vrees is dat hulle verkeerde keuses jou van hulle sal verwyder, en daarom kan jou woede baie vreesaanjaend wees.

As jou kind dink dat sy verhouding met jou skade ly, sal hy wegkruip, lieg, ander blameer en bang wees vir jou. Dit is hoekom straf met empatie uitgedeel moet word. As woede 'n probleem is vir jou, wag 'n rukkie tot jy gekalmeer het en deel dan die straf met empatie uit. Woede duur tog net vir 'n oomblik; jou guns duur 'n leeftyd.

Ons kan nie God, die perfekte ouer, se guns verloor nie en dit behoort 'n goeie voorbeeld vir ons as aardse ouers te wees. Ons behoort "die Here te prys" vir daardie belofte en Hom elke dag te dank dat ons sonde nie in die pad van sy liefde staan nie.

Wys vir jou kinders dat jy hulle liefhet, deur straf met empatie, eerder as woede, uit te deel.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com